[Vers 1]
Kyk op na die Hemel weg van jouself af
Daar anderkant die horison en weet
Vir eens in jou lewe dat ek jou liefhet
Ja, net soos wat jy is
Sien wat voor jou staan dit wat opreg is
Wat geld nie sal kan koop nie
En besef nou is ek joune
En ja vir altyd sal ek by jou staan
[Koor]
Want ek
Ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
Wys my
Wys my die pad ek is gepak
Niks sal die kans van ons afvat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Vers 2]
Glo jy in verewig?
Daar waar twee mense jare bymekaar bly
En vergeet hoe dit eens was toe hul nog albei еnkel lopend was
Want ek kan my vеrbeel
Jy met jou kierie en ekke met my bolla
En jy noem my ietsie soos Ma
En ek noem jou Ou Baas
Ek droom oor daardie dae
[Koor]
Want ek
Ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
Wys my
Wys my die pad ek is gepak
Niks sal die kans van ons afvat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Brug]
Kyk my in my oë en sê my wat jy voel vir my
Dis alles wat jy sal kan kry
Sê net jy sal bly by my
[Slot]