[Inleiding]
Bapa
Bapa
[Vers 1]
Hoe het jy belowe om te bly by my
Net om weg te stap elke keer in die hitte van die oomblik?
Soms is jy 'n raaisel sonder oplossing
Wat my net hier los, ek probeer
Maar jy weier my behoorlik
[Voorkoor]
Selfs al sou jy nooit weer terugkom nie
En ek nie weer jou soene voel nie
Weet ek
[Koor]
Dit wat daar alles was tussen jou en my
Was 'n oomblik in die hemel soos mens asem kry
Jy was die moeite werd gewees
En soos die trane val altyd net oor jou
Het die klop in my hart met elke slag verflou
Jy was die moeite werd gewees
Die moeite werd gewees
[Vers 2]
Te veel keer, was ek so teleurgesteld
Net om op te staan, af te stof en vergeet wat ooit gebeur het
Wat het jy gedink toe jy dit vir my sê
Dat jy my verstaan hoe ek voel en dis beter om te gaan
[Voorkoor]
Selfs al sou jy nooit weer terugkom nie
En ek nie weer jou soene voel nie
Weet ek
[Koor]
Dit wat daar alles was tussen jou en my
Was 'n oomblik in die hemel soos mens asem kry
Jy was die moeite werd gewees
En soos die trane val altyd net oor jou
Het die klop in my hart met elke slag verflou
Jy was die moeite werd gewees
Die moeite werd gewees
[Brug]
Ek sal onthou hoe dit was tussen my en jou
Ek sal onthou (Die moeite werd gewees)
[Slot]
Dit wat daar alles was tussen jou en my
Was 'n oomblik in die hemel soos mens asem kry
Jy was die moeite werd gewees (DIe moeite werd gewees)
En soos die trane val altyd net oor jou
Het die klop in my hart met elke slag verflou
Jy was die moeite werd gewees (Die moeite werd gewees)
En soos die trane val altyd net oor jou
Het die klop in my hart met elke slag verflou
Jy was die moeite werd gewees
Die moeite werd gewees
Die Moeite Werd was written by Riana Nel.