Montagu by David Kramer
Montagu by David Kramer

Montagu

David Kramer * Track #2 On Jis Jis Jis

Montagu Lyrics

Montagu-u-u-u-u-u-u… ek drink jou muskadel
Ek sit hier op my rusbank, my voete op ‘n springbokvel
Die Klein Karoo …. Of ‘n Kannaland
Die son steek die Langeberge aan die brand

Sê vir my nou wi is u
‘n Hofmeyer van Montagu
Getroud met van Deventer van Barrydale
Ek ken jou pa se tante op Bonnievale
Ja, sy was Le Grange van Ladysmith
Rossouw is sy getroud, ja nou verstaan ek dit
Kafeetjie op die hoekie het ‘n rooi sinkdak
Die mure is vol advertensies geplak
Drink ‘n Coca-Cola, rook Springbok tabak
En buite in die son daar lê ‘n slapende brak

Die Kogmanskloof, die Outiniquas
Wit lê die sneeu op die Tradoupas
So krom soos die nekkie van ‘n kalbaspyp
En stadig word die brandewyn druiwe ryp

Montagu-u-u-u-u-u-u… ek drink jou muskadel
Ek sit hier op my rusbank, my voete op ‘n springbokvel
Die Klein Karoo …. Of ‘n Kannaland
Die son steek die Langeberge aan die brand

Montagu Q&A

When did David Kramer release Montagu?

David Kramer released Montagu on Thu Jan 01 1981.

Your Gateway to High-Quality MP3, FLAC and Lyrics
DownloadMP3FLAC.com