Anderkant by Arno Carstens
Anderkant by Arno Carstens

Anderkant

Arno Carstens * Track #6 On Die Aandblom 13

The music player is only available for users with at least 1,000 points.

Anderkant Lyrics

In die kar, in die nuus, op die radio
In die ry, in die mall, in die Pick 'n Pay
En op die strand waai die wind my woorde weg
Sit op die stoep tot laat

As die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
Skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen

En aan die anderkant
Van die baai het jy 'n huis
En as die liggies brand
Weet ek daar's iemand tuis

My hele lewe lank in 'n band gejol
Die lyne van die pad deur die land gevolg
En op 'n strand waai die wind my woorde weg
Sit in die hotel tot laat

En as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
Skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen

En aan die anderkant
Van die baai het jy 'n huis
En as die liggies brand
Weet ek daar's iemand tuis

En as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
Skryf ek nog 'n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
Na die anderkant
Na die anderkant

En jou oë, jou somer skouers blink
Jou hare is terug geborsel
En jy is besig om dit vas te bind
Jou sonbrille vang vir 'n oomblik die sonlig

En na die anderkant
Van die baai het jy 'n huis
En as die liggies brand
Weet ek daar's iemand tuis

En as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
Skryf ek nog 'n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
Na die anderkant
Van die baai het jy 'n huis
En as die liggies brand
Weet ek daar's iemand tuis

Your Gateway to High-Quality MP3, FLAC and Lyrics
DownloadMP3FLAC.com